Die ewigheidsweg
Bedink nie die begeerlikhede van hierdie ou aard,
want in die stof en die droes is daar geen waard,
Maar bepeins wat jy kan oor die hemelse eer
en dit wat bekoor word aan die kind van die Heer
Kyk nie na die verganklike hede van nou
en sien nie op die aardse drek en gebrou.
Maar kyk op na die hemel en sien op jou God
wat die aarde vormeer het en beskud oor jou lot.
Maar verlang om te deel in dit wat ewigheids
waarde het vir jou siel en jou lok na die hemelse wyds.
En begeer nie die glans en die glinster van dag
en die skyn wat jou lok en jou grynsend toelag.
Wees nie bereid om te gaan op die weg so breed,
wat lei na die ewigverderf en die leed,
maar wend jou skrede op die ewigheidsweg
en skik jou daarin wat mooi is en reg.